Welkom by NG Vishoek se webtuiste

Volgende Eredienste:  Sondagoggend 08:30 te 1 Kommetjieweg 

Lewendige preekuitsending om 08:30

Ons bankbesonderhede kan HIER gekry word.


{wrap}http://stream.ngvishoek.co.za/{wrap} 
 
Glo soos ’n kind en koester jul kinders
Oud-Pappa


Dit is 02:00 in die oggend. Ek staan saggies op, want ek wil my vrou nie pla nie. Ek gaan sit op my stoel.

Aanlyn-Beeld maak my net kwaad. Wat maak dit saak of die hemel fisies of geestelik gaan wees? Hoekom wil almal God na hul gedagtes en begeertes vorm? Kan hulle nie maar soos ’n kind glo nie?

Wat maak dit saak of die ANC die land in sy dinges in regeer? Die NP het net soveel gemors aangejaag en glo my, die volgendes gaan dieselfde wees. 

Wat de hel maak alles saak? Wat saak maak, is my seun wat sewe maande gelede oorlede is. Wat saak maak, is my vrou wat nie meer lag nie.
 
Die seun van God

Prof Kobus Kok

Die seun van God begrip, Koning en Messias staan in die Nuwe Testament in semantiese verband. Maar net so ook gedagtes soos Jesus as die Logos (Joh 1) en hoëpriester (Heb). Mens moet egter versigtig wees om te veralgemeen en eerder in diepte studie doen oor elke individuele NT skrywer wat elk vanuit hulle onderskeie perspektiewe vir die oorspronklike lesers ‘n perspektief op Jesus en sy betekenis wou gee.

 

Die feit dat bepaalde mense "seun(s) van god" genoem is voor Jesus gebore was, is n historiese feit. Die gedagte wat daardeur gekommunikeer was, was dat die betrokke mens unieke eienskappe (woorde, dade, karakter, doel) vertoon wat alleen sy oorsprong te danke aan die god(heid) kan hê.

 
Oorwin die rotresies

Willem Botha

Is jy ook vasgevang in dié ding wat die rotresies genoem word, hierdie gejaag na nêrens?

Prediker 2 : 1 - 11 Ek het by myself gedink: laat ek my oorgee aan plesier, laat ek die lewe geniet! Maar ook dit het niks opgelewer nie. 2 Van lag moes ek sê: dis sinloos, en van plesier: wat bring dit?

3 Ek het gewonder wat sal gebeur as ek my aan wyn oorgee maar tog nog op soek bly na wysheid, as ek soos 'n dwaas leef totdat ek vasgestel het wat die beste is waarmee 'n mens hom sy lewe lank in hierdie wêreld besig kan hou. 4 Ek het groot ondernemings aangepak: ek het vir my huise gebou en wingerde geplant. 5 Ek het vir my tuine en parke aangelê en allerhande soorte vrugtebome daarin geplant. 6 Ek het vir my damme gemaak om die lappe jong bome nat te lei.

 
Om God as kwesbaar te ervaar
Hennie Symington

Die boodskap van die kruis van Christus is wel onsin vir dié wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God. Daar staan tog geskrywe:

“Die wysheid van die wyses sal Ek vernietig,

en die geleerdheid van die geleerdes sal Ek tot niet maak.”
 

Waar is die wysgeer van hierdie wêreld nou? Waar die skrifgeleerde? Waar die slim woordvoerder? Het God nie die wysheid van die wêreld tot onsin gemaak nie? Dit was die bedoeling van God in sy wysheid dat die wêreld nie deur geleerdheid tot kennis van God sou kom nie.

Daarom het God in sy goedheid besluit om deur die prediking wat vir die wêreld onsin is, dié te red wat glo. Die Jode vra wondertekens en die Grieke soek wysheid, maar ons verkondig Christus wat gekruisig is. 1 Korintiërs 1:18-22

 
Die enigste pad na die ware God
Charl Bredell

“Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie.” (Johannes 14:6)

Ek het eers onlangs ontdek hoe ‘n GPS verskillende paaie na een plek kan bereken. Nou wil dit ook lyk asof daar vandag verskillende paaie is om by God uit te kom. So is die gevaar dat die verskillende godsdienste gesien word as verskillende maniere om by dieselfde God uit te kom. En dit is glad nie waar nie!
 
« BeginVorige12VolgendeEinde »

Hoofspyskaart




Aangedryf deur Joomla!.